House Steyn

ONS DROOMHUIS

Ons het Rex Construction in Januarie 2014 gekontrakteer om begenoemde huis te bou dit het gevolg op die onderhandelinge en die teken en goedgekeuring bouplanne wat reeds in Oktober 2013 begin het.

Aangesien ons reeds permanent in Sedgefield woonagtig was, kon ons die hele opwindende bouproses van dag tot dag meemaak – vanaf die skoonmaak van die erf op 13 January 2014 tot en met die laaste afrondingswerk op Vrydag 13 Junie 2014.  Indien in ag geneem word dat heelwat boudae verlore gegaan het weens reën, is dit ‘n besondere prestasie om die huis van 250m² in 5 maande te voltooi. Ons het tydens ons daaglikse besoeke aan die bouperseel gevind dat al die werkers van Rex Construction, asook die subkontrakteurs wat deur Rex Construction gebruik word, goed opgelei is vir die take wat hulle moes verrig en die take baie nougeset en gedissiplineerd uitgevoer het. Almal, maar in besonder mnr. Christo Delport, een van die hoof kontrakteurs, was altyd beskikbaar om vrae oor die bouproses of addisionele versoeke vir klein verandering met ons te bespreek. Die hoof- en subkontrakteurs het ook uit hulle pad gegaan om ons van advies te bedien oor die keuses wat ons moes maak ten opsigte van vloer- en muurteels, kombuis- en slaapkamerkaste, badkamer en ander loodgieter toebehore, muurverf, ens. Die bouterrein is elke dag opgeruim en netjies agter gelaat en die bure het net waardering vir die wyse waarop die bouers die hele proses aangepak en afgehandel het.

Die eindresultaat van die bouwerk is daar vir almal om te sien en te waardeer. Dit getuig van ons insies van goeie vakmanskap en besondere toewyding. Ons is baie trots op ons nuwe huis, woon baie lekker en al ons vriende en besoekers van oral oor kannie uitgepraat raak oor die besonderse netjiese afwerkings nie.

Ons slotsom is dat Rex Constrction werk van uitstekende gehalte verrig het en vir ons uistekende waarde vir ons geld gegee het. Ons kan die maatskappy aanbeveel by enige persoon wat ‘n nuwe huis wil laat bou.

Ons dank en waardering vir julle puik werk!!

Gert en Jeanetta Steyn

10 Julie 2014